Resolusie 68/262 van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies

Resolusie 68/262 van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies is op 27 Maart 27 2014 deur die agt-en-sestigste byeenkoms van Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies aanvaar. Dié resolusie was in reaksie op die Russiese "anneksasie" van die Krim en is getiteld "die Territoriale integriteit van die Oekraïne". Hierdie nie-bindende resolusie, wat deur 100 van die Verenigde Nasies-lidstate ondersteun is, bevestig die Algemene Vergadering se verbintenis tot die territoriale integriteit van die Oekraïne binne sy internasionaal erkende grense en beklemtoon die ongeldigheid van die 2014 Krim-referendum. Elf lidstate het teen die resolusie gestem, terwyl 58 hulle stem weerhou het, en 24 state was afwesig toe die stemming plaasgevind het.

Die resolusie is voorgestel deur Kanada, Costa Rica, Duitsland, Litaue, Pole en die Oekraïne.[1] Die aanvaarding van die besluit is voorafgegaan deur die onsuksesvolle pogings van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies, wat sewe sessies gehou het om die Krim-krisis te probeer oplos, maar wat uiteindelik deur Rusland geveto is.[2]

  1. "UN General Assembly adopts resolution affirming Ukraine's territorial integrity" (in Engels). Xinhua. 28 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2017. Besoek op 30 Maart 2014.
  2. "Backing Ukraine's territorial integrity, UN Assembly declares Crimea referendum invalid" (in Engels). UN. 27 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2017. Besoek op 30 Maart 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search